Tuisblad  Tuisblad  » Soek
Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

soeknet.co.za » Nuus Hooftrekke van Suid-Afrika en die Wêreld

Nuus Hooftrekke


 Vandag se Nuus  Gister se Nuus
Suid-AfrikaAfrika Wêreld Sport Wetenskap & TegnologieVermaak OpinieMy RSSTop StoriesSakenuus
Bevel teen man wat affair het en met dood dreig
Bevel teen man wat affair het en met dood dreig ’n Klerksdorpse sakeman het ’n tussentydse hofbevel bekom teen ’n man wat glo tot die verbrokkeling van sy huwelik bygedra en hom met die dood gedreig het.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:44© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Waterwese skors derde DG in 3 jaar
Waterwese skors derde DG in 3 jaar Die departement van waterwese het sy derde direkteur-generaal (DG) in drie jaar geskors. Maxwell Sirenya is gister ná ’n jaar geskors, het Mava Scott, kommunikasiehoof van die departement, bevestig.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:44© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Tasmoord: Broer wil ook parool hê
Tasmoord: Broer wil ook parool hê Nog een van die “tasmoordenaars” wil parool hê en het hom op die hooggeregshof in Pretoria beroep.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:44© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Miljoene rande se tenders bekyk
Miljoene rande se tenders bekyk Tenders van miljoene rande in Limpopo wat in November aan sakevennote van Julius Malema toegeken is, word deur die Valke, openbare beskermer (OB) en ouditeur-generaal (OG) ondersoek.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:43© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Derick sê oor vlees-twiet
Derick sê oor vlees-twiet Dit gaan “meer as goed” met hom en sy verloofde, Karlien van Jaarsveld, het die Blou Bul Derick Hougaard gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:43© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Twee wat geld wen al 2 weke vermis
Twee wat geld wen al 2 weke vermis Daar is nog gee teken van ’n paartjie van Schweizer-Reneke wat sowat twee weke gelede verdwyn het nadat hulle duisende rande in casino’s gewen het nie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:43© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Aanbieder speel nou seremoniemeester
Aanbieder speel nou seremoniemeester Pierre Breytenbach, aanbieder van kykNET se Dagbreek en veldaanbieder van 50/50, sal die seremoniemeester wees by die Beeld-Kinderfonds se Valentynsdans en -dinee op 15 Februarie by Union Caterers Utopia Place in Pretoria. Kobus Wiese, wat seremoniemeeste
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:43© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
SAUK is glo boos vir Guptas
SAUK  is glo boos vir Guptas SAUK-bestuurslede is blykbaar ontevrede oor die Gupta-familie se planne om ’n 24-uur-nuuskanaal onder die vaandel van The New Age (TNA) bekend te stel.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:42© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Skole kry (weer) nie boeke
Skole kry (weer) nie boeke Limpopo het steeds skole wat nog nie handboeke vir die nuwe kurrikulum (Caps), wat vanjaar in gr. 4 tot 6 en gr. 11 ingestel is, gekry het nie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:42© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Gautrein: Reëlings vir hoës gestop
Gautrein: Reëlings vir hoës gestop Die Gautrein-vervoerreëlings van Jason Ngobeni, Tshwane se munisipale bestuurder, en nóg topamptenare, is summier gestop.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:42© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Die SAL moet nóg R535 miljoen leen
Die SAL moet nóg R535 miljoen leen Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) moet nog R535 miljoen teen sy regeringswaarborg leen om lopende koste te dek. Die lugdiens het in Januarie reeds R400 miljoen ontvang.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:42© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Glynnis boos oor Mdluli
Glynnis boos oor Mdluli Daar is ’n sterk saak teen lt.genl. Richard Mdluli, oud-misdaad­intelligensiehoof van die polisie, en sy was kwaad toe die bedrogaanklagte teen hom teruggetrek is.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 21:05:41© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Zuma vra vir swaar straf vir tiener se verkragters
Zuma vra vir swaar straf vir tiener se verkragters Pres. Jacob Zuma sê die mans wat ‘n tienermeisie in Bredasdorp verkrag en vermink het, moet die swaarste moontlike vonnis opgelê word.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 16:05:24© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Drie vermeende stropers vasgetrek
Drie vermeende stropers vasgetrek Drie vermeende renosterstropers is by die Nwanedi-wildreservaat in Tshamatumbu in hegtenis geneem, het die polisie in Limpopo gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 16:00:27© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Fop-dokters in hegtenis geneem
Fop-dokters in hegtenis geneem Twee mans wat hulself as dokters voorgedoen het, is vir bedrog, diefstal en die besit van vervalste geld in hegtenis geneem.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 16:00:27© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Drie vas vir brandstigting, moord
Drie vas vir brandstigting, moord Drie mans is in hegtenis geneem in verband met moord en brandstigting in Lenasia-suid, het die polisie in Gauteng gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 15:08:02© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Drie sit lewenslank vir moord op boer
Drie sit lewenslank vir moord op boer Drie mans is deur die Bloemfontein-hooggeregshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n boer van die Vrystaat.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 14:09:38© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Amerikaner ook in Pta hof oor DRK-komplot
Amerikaner ook in Pta hof oor DRK-komplot 'n Amerikaner is een van 19 mense wat in die hof verskyn het oor 'n beweerde komplot om die regering van die DRK omver te werp.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 13:09:29© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
R6m se dwelms by lughawe gekonfiskeer
  Meer as 23 kg se dwelms ter waarde van R6 miljoen is laasmaand op OR Tambo-lughawe gekonfiskeer.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 12:40:38© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Jub Jub se aansoek om appèl misluk
Jub Jub se aansoek om appèl misluk Die voormalige kwaito-sanger Molemo (Jub Jub) Maarohanye se aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis vir moord is Donderdag deur die landdroshof in Pretoria afgekeur.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 12:17:46© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Regering woedend oor gru-verkragting
Regering woedend oor gru-verkragting Die regering het sy woede uitgespreek oor die tienermeisie wat in Bredasdorp in die Wes-Kaap om die beurt verkrag en toe vermoor is.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 12:05:06© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Kabeldiewe laat Tshwane-gebiede sonder krag
Kabeldiewe laat Tshwane-gebiede sonder krag Verskeie gebiede naby Samrand, Centurion, is sonder elektrisiteit nadat 'n substasie in die gebied ontplof en gedeeltelik uitgebrand het.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 12:05:05© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Jub Jub verlof tot appèl geweier
Jub Jub verlof tot appèl geweier Die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye se aansoek om verlof tot appèl is in die Protea-landdroshof geweier.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 11:21:51© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Skolier vertel hoe skieter by skool met pistool speel
Skolier vertel hoe skieter by skool met pistool speel 'n Leerling wat aangehou word nadat hy na bewering twee ander skoliere geskiet het, het glo die pistool die hele dag by hom gedra.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 11:00:29© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
SA karwag se liedjies gewild op YouTube
SA karwag se liedjies gewild op YouTube Die 31-jarige Alen Abrahams wys sy slag agter die mikrofoon met die liedjie "Kerrie".
Donderdag, 7 Februarie 2013, 10:09:52© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
SA karwag se YouTube-treffers
SA karwag se YouTube-treffers Die 31-jarige Alen Abrahams wys sy slag agter die mikrofoon met die liedjie "Kerrie".
Donderdag, 7 Februarie 2013, 09:57:31© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Buitelanders met renosterhoring betrap
Buitelanders met renosterhoring betrap Twee mans en ‘n vrou is in hegtenis geneem nadat hulle met ‘n renosterhoring en tik betrap is, het die Valke gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 09:56:50© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Student aangekla oor boer-uitlating
Student aangekla oor boer-uitlating AfriForum se jeugtak het ’n kampusvoorsitter verkla omdat dié glo op Facebook gesê het “’n goeie boer is ’n dooie boer”.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 09:36:11© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Kloofnek-'Knievel' gaan vervolg word
Kloofnek-'Knievel' gaan vervolg word Die Kaapse skaatsplankryer wat teen ‘n hoë spoed by Kloofnekweg afgejaag het, gaan vervolg word vir roekelose en nalatige padgebruik.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 09:08:50© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
'Dooie boer'-inskrywing het Afriforum op hol
  Afriforum se jeugliga by die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus het ‘n klag van haatspraak teen voorsitter van die SA Students’Congress (Sasco) op dié kampus ingedien na ‘n beweerde rassistiese Facebook-inskrywing.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 09:04:21© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
FNB nié jammer oor advertensies, sê baas
FNB nié jammer oor advertensies, sê baas Eerste Nasionale Bank (FNB) het nié om verskoning gevra vir aanlynvideo's wat deel is van sy advertensieveldtog nie, sê die hoof van die bank.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 08:53:27© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Polisiebeampte beboet, geskors oor seksvideo
Polisiebeampte beboet, geskors oor seksvideo 'n Polisiebeampte is 'n boete van R3 000 en 'n opgeskorte vonnis opgelê nadat hy 'n video geneem het van hoe sy kollega intiem verkeer met 'n vrou.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 08:53:27© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Tweede man vas oor Bredasdorp-verkragting
Tweede man vas oor Bredasdorp-verkragting 'n Tweede man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting en verminking van die Bredasdorpse tiener Anene Booysen.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 08:17:01© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Landbou-organisasie lê klag teen Ehrenreich
Landbou-organisasie lê klag teen Ehrenreich Die landbou-organisasie TLU SA het strafregtelike aanklagte teen die Cosatu Wes-Kaap se sekretaris, Tony Ehrenreich, by 'n polisiestasie gemaak..
Donderdag, 7 Februarie 2013, 08:12:43© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
VIDEO: ‘R105 is steeds ’n hongerloon’
  In die buurt Stofland het die stof nog nie gaan lê oor plaaswerkerlone nie. Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Maandag aangekondig ’n nuwe minimum loon vir plaaswerkers van R105 per dag sal van 1 Maart geld.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 08:09:51© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Skaatser vervolg oor waaghalsige toertjie
Skaatser vervolg oor waaghalsige toertjie 'n Skaatsplankryer van Kaapstad wat teen sowat 70 tot 80 kilometer per uur in Kloofnekweg in Kaapstad afgeblits het, gaan vervolg word.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 07:37:11© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Guptas se maatskappy begin nuuskanaal
Guptas se maatskappy begin nuuskanaal Die Gupta-familie se New Age-mediamaatskappy sal in Augustus 'n 24-uur-nuuskanaal bekendstel, het MultiChoice bevestig.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 07:37:10© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
'Roekelose bestuurder' veroorsaak kettingbotsing
'Roekelose bestuurder' veroorsaak kettingbotsing Minstens 25 mense is op die M1-Noord tussen die Booysens-afrit en die Xavierstraat-afrit beseer nadat ses voertuie gebots het.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 07:37:10© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Boeremag-saak: 'hoorsêgetuienis' onder loep
Boeremag-saak: 'hoorsêgetuienis' onder loep Die staat en die verdediging in die Boeremag-saak gaan beraadslaag oor hoorsêgetuienis in die eedsverklaring van ’n oudpolisieman wat by die ondersoek betrokke was. Deon Loots beweer glo in dié verklaring daar was polisie-ongerymdhede tydens die onder
Donderdag, 7 Februarie 2013, 06:59:15© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Vishaak deurboor visserman se gewrig
Vishaak deurboor visserman se gewrig 'n Visserman is naby Struisbaai in die Wes-Kaap beseer nadat 'n vishaak sy gewrig deurboor het, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 06:25:19© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Aanvallers nog soek ná vrou haar doodval
Aanvallers nog soek ná vrou haar doodval Niemand is nog in hegtenis geneem nadat 'n ontwerper van Jeffreysbaai na haar dood geval het na rowers haar gekonfronteer het nie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 06:23:18© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Skok, woede ná tiener se verkragting
Skok, woede ná tiener se verkragting Die gemeenskap van die klein dorpie Bredasdorp is tot in sy fondamente geruk ná die moord en verkragting van 'n tienermeisie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 06:23:18© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Valke-wet is 'steeds ongrondwetlik'
Valke-wet is 'steeds ongrondwetlik' Die Valke is korrup en oneffektief en die wet wat die direktoraat reguleer, is steeds ongrondwetlik, sê die sakeman Hugh Glenister in ’n aansoek aan die Wes-Kaapse hooggeregshof.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 05:51:17© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Jub Jub vra verlof tot appèl
Jub Jub vra verlof tot appèl Die musikant Molemo "Jub Jub" Maarohanye se aansoek om verlof tot appèl teen sy 20 jaar vonnis sal in die Protea-landdroshof aangehoor word.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 05:15:21© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Wêreld gons oor tiener se gru-verkragting
Wêreld gons oor tiener se gru-verkragting Die wrede verkragting en moord op 'n 17-jarige skoolmeisie in die Wes-Kaap het landwyd protes ontketen en ook die internasionale nuus gehaal.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 05:15:19© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Geldwolke dreig SA
Geldwolke dreig SA Regeringsbronne het toegegee pres. Jacob Zuma is onder die grootste druk in sy termyn as staatshoof om leiding te gee terwyl ekonomiese storms om die land woed.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 04:54:58© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Ons kan nie ontken SA het ’n leerkrisis’
‘Ons kan nie ontken SA het ’n leerkrisis’ Onderwys in Suid-Afrika gaan deur ’n moeilike tyd en talle uitdagings, soos die digitale kloof, sosiaal-ekonomiese ongelykhede, finansiële struikelblokke en gebrekkige vaardighede, moet oorkom word.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:58© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Beweerde verkragting te laat aangemeld
Beweerde verkragting te laat aangemeld As die beweerde verkragting van die sterwende verlamde Magda Lombard (51) in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein vroeër aangemeld was, sou die getuienis in die hof beter gewees het.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:21© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Darren oorstelp van vreugde
Darren oorstelp van vreugde Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate, is oorstelp van vreugde oor die nuus dat hul tweede kind op pad is, het Scott gister gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:17© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Kom ry self teen 1 600 km/h
Kom ry self teen 1 600 km/h Die vuurpyl brul agter jou, die stuur is in jóú hande, jy skeer met ’n supersoniese motor oor Hakskeenpan.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:15© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Loon gaan tot werksverliese lei
Loon gaan tot werksverliese lei Minimum lone wat deur die regering afgedwing word, doen meer skade as goed, sê kenners.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:15© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Moordenaars vandag gevonnis
Moordenaars vandag gevonnis Die mans is gister in die Vrystaatse hooggeregshof skuldig bevind aan die koelbloedige moord op Thomas Ferreira (54), eienaar van die Shell-vulstasie by die Tom’s Place-oord buite Bloemfontein.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:13© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Tekort aan tegnici kan lugmag se vlerke knip
Tekort aan tegnici kan lugmag se vlerke knip Die lugmag se reeds beperkte lugvervoervermoë kan met die aflegging van 523 tegnici teen die middel van die jaar heeltemal tot stilstand kom.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:12© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Sangoma (57) vervolg ná troue met 13-jarige
Sangoma (57) vervolg ná troue met 13-jarige Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan die 57-jarige sangoma van Limpopo wat met ’n 13-jarige meisie getrou het, vervolg.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:10© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Druk op Zuma ‘groot’
Druk op Zuma ‘groot’ Ingeligtes in die regering het gister toegegee pres. Jacob Zuma is onder die grootste druk in sy termyn as staatshoof om leiding te gee terwyl die ekonomiese storms om die land woed.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:09© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Cosatu wil glo boere help teen ‘uitbuiting’
Cosatu wil glo boere help teen ‘uitbuiting’ Die vakverbond Cosatu sê hy gaan die land se boere ondersteun deur ’n veldtog teen kleinhandelgroepe wat boere “uitbuit” deur ’n appel en ’n ei vir hul produkte te betaal.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:09© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Gedenkdiens môre vir leierboer van distrik gehou
Gedenkdiens môre vir leierboer van distrik gehou ’n Gedenkdiens word môreoggend in die NG kerk Boshof gehou vir Dirk Opperman, leierboer van dié distrik, wat vandeesweek op 84-jarige ouderdom in Bloemfontein oorlede is.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:08© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Maatskappye betaal sélf reis na China
Maatskappye betaal sélf reis na China ’n Sakereis vir Suid-Afrikaanse sake-ondernemings na China wat deur die ANC gekoördineer word, sal die belastingbetaler “nie ’n sent” kos nie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:07© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Lottogeld-aansoeke gou makliker
Lottogeld-aansoeke gou makliker Die Nasionale Loteryeraad gaan hulpkantore in die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes open om instansies te help om aansoek te doen om lottogeld.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 03:45:07© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
‘R105 is steeds ’n hongerloon’
  In die buurt Stofland het die stof nog nie gaan lê oor plaaswerkerlone nie. Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het Maandag aangekondig ’n nuwe minimum loon vir plaaswerkers van R105 per dag sal van 1 Maart geld.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:57:09© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Polisieman gestraf oor seksvideo
Polisieman gestraf oor seksvideo ’n Polisieman wat ’n video geneem het van ’n vrou wat intiem met een van sy kollegas verkeer, het gefaal in sy plig as polisieman om die gemeenskap te beskerm.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:17© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Regter is dalk nie versmoor
Regter is dalk nie versmoor Die gevolge van ’n allergiese reaksie is gister as ’n moontlike oorsaak van waarnemende regter Patrick Maqubela se dood geopper.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:17© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Nog ’n pienkvoet op pad vir Darren Scott
Nog ’n pienkvoet op pad vir Darren Scott Darren Scott en sy vrou, Sarah-Kate, is oorstelp van vreugde oor die nuus dat hul tweede kind op pad is. “Ons is baie opgewonde. Dit is regtig fantastiese nuus. Dit was ’n moeilike jaar vir ons,” het die oud-omroeper en -sportkommentator gesê.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:17© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Cosatu wil winkels pak oor lae pryse
Cosatu wil winkels pak oor lae pryse Die vakverbond Cosatu sê hy gaan die land se boere ondersteun deur ’n veldtog teen kleinhandelgroepe wat boere “uitbuit” deur ’n appel en ’n ei vir hul produkte te betaal.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:16© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Huise dié van ‘bendebaas’
Huise dié van ‘bendebaas’ Die drie huise in die noordelike voorstede wat die afgelope week as dwelmfabrieke ontbloot is, behoort al drie aan ’n vermeende bendebaas van Kaapstad.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:16© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Só kan jy teen 1600km/h jaag
Só kan jy teen 1600km/h jaag Die vuurpyl brul agter jou, die stuur is in jóú hande, jy skeer met ’n supersoniese motor oor Hakskeenpan. Jy is die wêreld se vinnigste mens op land – teen 1600km/h.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:16© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Slagoffer se ma wil nie wraak hê
Slagoffer se ma wil nie wraak hê Saak teen 5 vir eers teruggetrek: Die ma van die jong man wat byna twee weke gelede voor ’n kuierplek in Durbanville aangerand is, soek nie wraak teen die mans wat haar seun beseer het nie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:16© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Seun (14) het pistool glo heeldag by skool
Seun (14) het pistool glo heeldag by skool Die 14-jarige leerder van Lansdowne wat na bewering twee medeleerders in ’n taxi geskiet het, het die vuurwapen glo die hele dag by die skool by hom gehad.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:16© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
WKOD kan regstappe doen oor skool
WKOD kan regstappe doen oor skool Regstappe kan deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) oorweeg word nadat ’n polisieondersoek oor ’n onwettige skool in Khayelitsha afgehandel is.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:52:16© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
VIDEO: Hawelose ‘sal aanvaller kan uitken’
VIDEO: Hawelose ‘sal aanvaller kan uitken’ ‘n Vrou wat onderweg na die Red Hot Chilli Peppers-konsert in die Kaapstad-stadion beroof is, het in die struweling met haar aanvaller by ‘n steengroef af na haar dood geval.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:48:35© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
VIDEO: Grapjas wys middelvinger vir Cliff-hulle
VIDEO: Grapjas wys middelvinger vir Cliff-hulle Die uitdunrondes van Idols hier het gister nie vir almal vreugdenote gebring nie. En wat meer is, ’n grapjas het klaarblyklik nie met die beoordelaars se taksering saamgestem nie.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 02:41:25© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Aanval ‘walg’ vroueliga
Aanval ‘walg’ vroueliga Die wrede verkragting van en moord op ’n Wes-Kaapse meisie het gister striemende reaksie van die ANC-vroueliga en die vakverbond Cosatu ontlok.
Donderdag, 7 Februarie 2013, 00:59:14© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Dit is nie ons mense, hou ons liefs apart’
‘Dit is nie ons mense, hou  ons liefs apart’ “Ek verstaan hoekom hulle dit gedoen het. Ek sou nie by hierdie munisipaliteit wou aansluit nie.”
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:39© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Lydenburg oor rioolafval verkla
Lydenburg oor rioolafval verkla AfriForum het die Thaba Chweu-munisipaliteit gister by die Groen Skerpioene verkla omdat rioolafval glo reeds etlike weke deur Lydenburg se begraafplaas tot in die Dorpsrivier loop.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:39© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Tweeling sing by Valentynsdans
Tweeling sing by Valentynsdans Die sangduo Die Colletts, wat bestaan uit die tweeling Bertus en Beyers, is net een van die trekpleisters vir die Beeld-Kinderfonds se Valentynsdans en- dinee.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:39© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Ramphele wil nog nie sê oor ’n nuwe party
Ramphele wil nog nie sê oor ’n nuwe party “Wees net geduldig. Dit kan voordelig wees.” So het dr. Mamphela Ramphele, stigter van die Citizens Movement for Change, gister gesê op ’n vraag of sy ’n nuwe politieke party gaan stig.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:38© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Agri SA laat boere in die steek’
‘Agri SA laat boere in die steek’ Agri SA het boere in die steek gelaat toe daar in die diensvoorwaardekommissie oor ’n nuwe minimum loon vir plaaswerkers onderhandel is, het Cosatu weer gister gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:38© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Stropers: Minister positief
Stropers: Minister positief 82 renosters is sedert die begin van die jaar landwyd vir hul horings gestroop. 61 van dié diere is in die Krugerwildtuin doodgemaak.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:38© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Breytenbach getuig oor vriendskap
Breytenbach getuig oor vriendskap Adv. Glynnis Breytenbach het adv. Mike Hellens SC as ’n “teenstander” leer ken wat ook haar vriend geword het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:38© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Lugmag kan stilstaan
Lugmag kan stilstaan Die lugmag se reeds beperkte lugvervoervermoë kan met die uitdiensstelling van 523 tegnici teen die middel van die jaar heeltemal tot stilstand kom.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:37© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Klag oor ‘goeie boer dooie boer is’
Klag oor ‘goeie boer dooie boer is’ AfriForum se jeugtak op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het ’n haat- spraakklag teen Sasco se kampusvoorsitter ingedien omdat dié glo op Facebook gesê het: “ ’n Goeie boer is ’n dooie boer.”
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:37© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
R13 m. vir tugsaak
R13 m. vir tugsaak Die Valke in Noordwes en die openbare beskermer (OB) stel ondersoek in na hoekom die Noordwes-regering meer as R13 miljoen aan regskoste vir ’n tugverhoor bestee het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:23:36© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Lugmag spuit horings met chemiese stof
Lugmag spuit horings met chemiese stof Die lugmag en bewaringsowerhede het die voortou geneem om renosters op staatsgrond teen stropers te beveilig.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:22:32© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
SAUK sny ‘rede vir bestaan’
SAUK sny ‘rede vir bestaan’ Die SAUK het 65,8% van sy verklaarde wins bewerkstellig deur kostebesparings op sy programinhoud.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:19:30© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Sindikaat kaap in padvalk-uniforms
Sindikaat kaap in padvalk-uniforms ’n Sindikaat met lede wat hulle as metropolisielede voordoen en dan voertuie kaap, is in die Johannesburg-omgewing bedrywig.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 20:19:30© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
DA plaas druk op NVG oor geheime-opnames
DA plaas druk op NVG oor geheime-opnames Die DA het ‘n beroep gedoen dat Nomgcobo Jiba, die waarnemende hoof van openbare vervolgings, vir minagting van die hof aangehou word.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 16:03:45© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Oud-polisieman nege luukse voertuie kwyt
Oud-polisieman nege luukse voertuie kwyt Die batebeslagleggingseenheid het beslag gelê op bates van 'n voormalige metropolisiebeampte ter waarde van R140 miljoen.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 16:01:55© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Bfn-polisieman vas vir moord
Bfn-polisieman vas vir moord 'n Polisieman is in verband met die moord op 'n 23-jarige vrou in Bloemfontein in hegtenis geneem, het die IPID gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 16:01:30© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Dienslewering-betoging in Soweto
Dienslewering-betoging in Soweto Sowat 1 000 mense van Bramfischerville in Soweto het aan ‘n dienslewering-betoging deelgeneem, het die polisie gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 16:01:13© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man vas wat meisie se huis brandsteek
Man vas wat meisie se huis brandsteek ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n deel van sy meisie se huis in Kagiso aan die Wes-Rand aan die brand gesteek het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 15:27:54© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Seuns se lyke gevind ná hulle verdrink
Seuns se lyke gevind ná hulle verdrink Die lyke van twee seuns wat verdrink het terwyl hulle in die Ritavi-rivier geswem het, is naby die Nkomo B- informele nedersetting gevind.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 14:17:52© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Hou op met 'bangmaakstories,' sê Ramphele
Hou op met 'bangmaakstories,' sê Ramphele Die mynwese in Suid-Afrika het ’n nuwe era betree, het dr. Mamphela Ramphele, voorsitter van Gold Fields, gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 13:21:42© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Smokkel-sindikaat oopgevlek
Smokkel-sindikaat oopgevlek Vier mans wat met ‘n sigaret-smokkelsindikaat verbind is, is in hegtenis geneem en R4 miljoen se sigarette is gekonfiskeer.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 13:14:12© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Onderhandelings by Marikana 'onmoontlik'
Onderhandelings by Marikana 'onmoontlik' Onderhandelings met stakende werkers by Lonmin se Marikana-myn was onmoontlik, het die Farlam-ondersoekkommissie gehoor.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 13:00:35© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Geskors as jy kla oor skool
Geskors as jy kla oor skool Skoliere wat hul skole se name op sosiale netwerke deur die modder sleep, kan permanent geskors word.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 12:49:56© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Kapers doen hulself as metropolisie voor
Kapers doen hulself as metropolisie voor Nog ‘n man het die slagoffer geword van ‘n motorkaping deur mans wat hulself as metropolisielede voorgedoen het. Dis die tweede voorval die week, het ‘n polisiewoordvierder gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 12:19:08© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Nóg 'n man deur 'metropolisielede' gekaap
Nóg 'n man deur 'metropolisielede' gekaap Drie mans wat voorgegee het dat hulle metropolisielede was, het 'n man naby Midrand afgetrek en sy motor gesteel.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 11:54:35© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man wat R750 verdien, wen miljoene
Man wat R750 verdien, wen miljoene ‘n Man van KwaZulu-Natal met 'n karige inkomste van R750 per maand het ‘n multimiljoenêr geword nadat hy die nasionale lotery gewen het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 11:54:35© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Verpleegster help glo om sterwende pasiënt te verkrag
Verpleegster help glo om sterwende pasiënt te verkrag ‘n Verpleegster wat daarvan beskuldig word dat sy ‘n man gehelp het om ‘n sterwende, verlamde kankerpasiënt in ‘n hospitaal in Bloemfontein te verkrag, het vandag in die hooggeregshof in die stad verskyn.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 11:33:13© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Soos ’n stem uit die graf
Soos ’n stem uit die graf Asof sy uit die graf vertel hoe sy in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein verkrag is, het die woorde van die sterwende Magda Lombard (51) gister in die Vrystaatse hooggeregshof opgeklink toe ’n verklaring van haar daaroor voorgelees is.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 11:25:48© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Vrou dood in rooftog - aanvaller nog op vrye voet
  Niemand is nog in hegtenis geneem nie in verband met 'n voorval waartydens 'n 47-jarige vrou na 'n rooftog in die Bo-Kaap dood is. Die vrou was saam met haar dogter onderweg na die Red Hot Chili Peppers-konsert.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 11:16:12© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Stukwerker wen lotto-miljoene
Stukwerker wen lotto-miljoene ‘n Man wat voorheen as stukwerker R750 per maand verdien het, is nou ‘n multi-miljoenêr na hy die nasionale lotery gewen het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 11:06:23© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Saak teen Goodman-wag uitgestel
Saak teen Goodman-wag uitgestel Die saak teen Paul Molesiwa, ‘n sekuriteitswag by die Goodman-galery, is in die Hillbrow-landdroshof tot Maart uitgestel.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 10:33:50© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Drie hospitale se ongevalle-sale sluit dalk
Drie hospitale se ongevalle-sale sluit dalk Ongevalle-sale by drie hospitale aan die Oos-Rand kan sluit omdat dokters weier om oortydskofte te werk nadat hulle nie betaal is nie.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 10:33:49© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Tiener noem aanvaller se naam voor sy sterf
Tiener noem aanvaller se naam voor sy sterf ’n Sewentienjarige meisie van Bredasdorp wat verkrag en aangerand is, het die naam van een van haar aanvallers genoem voor sy gesterf het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 10:33:49© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Miljoene ná hy eers met R750 per maand moes klaarkom
Miljoene ná hy eers met R750 per maand moes klaarkom 'n 54-jarige man van KwaZulu-Natal wat met R750 per maand oor die weg moes kom, is nou 'n kitsmiljoenêr.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 10:31:42© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Kleuter sterf toe padskraper huis tref
Kleuter sterf toe padskraper huis tref 'n Kleuter is tragies in Pietermaritzburg dood toe 'n padskraper by 'n wal afgerol en 'n familie se huis getref het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 09:30:01© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
'Met liefde grootgemaak'
'Met liefde grootgemaak' Dr. Lets en mev. Minnie Pretorius het hul seun Kobus met liefde grootgemaak en hulle kan nie pa staan vir sy verwronge persepsies van hulle nie.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 09:21:23© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Facebook-gebruiker wou glo Westdene-busramp met braai vier
Facebook-gebruiker wou glo Westdene-busramp met braai vier ‘n Facebook-gebruiker het op sy profiel-status gevra dat sy vriende saam met hom die verdrinking van die 42 wit kinders wat 28 jaar gelede in die Westdene-busramp omgekom het, moet vier.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 09:20:50© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Facebook-man wil wit kinders se dood vier
Facebook-man wil wit kinders se dood vier ‘n Facebook-gebruiker het sy 493 vriende genooi om die dood van 42 wit kinders 28 jaar gelede te vier by 'n "groot swart braai".
Woensdag, 6 Februarie 2013, 09:18:56© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Klasse by universiteit hervat ná betoging
Klasse by universiteit hervat ná betoging Klasse by die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) is sonder ontwrigtings hervat, het 'n woordvoerder gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 09:18:55© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Verpleër in hof wat kankerpasiënt verkrag
Verpleër in hof wat kankerpasiënt verkrag ‘n Verpleër wat na bewering ‘n verlamde kankerpasiënt in die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein verkrag het, het in die hof verskyn.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 09:18:54© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Chili Peppers-aanhanger op pad na konsert dood
Chili Peppers-aanhanger op pad na konsert dood 'n Aanhanger van die Red Hot Chili Peppers is in Kaapstad op pad na 'n konsert van dié groep dood ná sy deur 'n rower gekonfronteer is.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 08:12:58© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Skieters in Merc steeds soek
Skieters in Merc steeds soek Twee polisiebeamptes wat gewond is toe die insittendes van 'n voertuig met aanvalsgewere op hulle losgebrand het, is steeds in die hospitaal.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 08:09:33© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Onderwys as noodsaaklike diens: vakbonde grom
Onderwys as noodsaaklike diens: vakbonde grom “In geen land waar ’n vrye demokrasie en respek vir fundamentele menseregte is, word onderwys as noodsaaklike diens bestempel nie."
Woensdag, 6 Februarie 2013, 07:43:59© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Spoedkamera ‘vang’ skaatser [video]
Spoedkamera ‘vang’ skaatser [video] ’n Skaatsplankryer wat teen tussen 70 km/h en 80 km/h teen die aankomende verkeer in Kloofnekweg afgeblits het, gaan beboet word as verkeersbeamptes hom kan opspoor.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 07:32:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Senekal jubel oor water ná kraandroogte
Senekal jubel oor water ná kraandroogte “Dankie Vader, daar is water.” Dit was Hannelie van der Walt se woorde toe sy gisteroggend die krane oopdraai en die eerste keer in ses maande water sien uitloop.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 07:30:32© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Tiener brand los by Kaapse skool
Tiener brand los by Kaapse skool ‘n Veertienjarige skoolseun het glo met ‘n 9 mm-pistool naby 'n Kaapse skool op twee mede-leerders losgebrand.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 07:24:42© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
SA man se dood: Klag eers gelos
SA man se dood: Klag eers gelos Die saak teen die Namibiër wat daarvan verdink is dat hy verlede jaar ’n Suid-Afrikaner in Zambië vermoor het, is voorlopig teruggetrek.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 07:07:50© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Video: Spoedkamera ‘vang’ skaatser
Video: Spoedkamera ‘vang’ skaatser ’n Skaatsplankryer wat teen meer as 70 km/h teen die aankomende verkeer in Kloofnekweg afgeblits het, gaan beboet word as beamptes hom kan opspoor.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 06:54:43© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
4 in Merc skiet op 2 van polisie
4 in Merc skiet op 2 van polisie Twee lede van die polisie in Johannesburg se blitspatrollie is gewond toe die insittendes van ’n Mercedes-Benz met gewere op hulle losgebrand het.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 06:42:30© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Wette toepas: Sanral vra voertuie
Wette toepas: Sanral vra voertuie Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het voertuie wat glo gebruik sou word vir die e-tolvervolgingseenheid weens instandhoudingskoste by die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) teruggevra.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 06:38:09© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Gru-moord op broer, suster: 2 kry borg
  Die twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle 'n broer en suster in 2008 wreed in hul huis in Northcliff vermoor het, is op borgtog vrygelaat.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 06:37:06© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
VIDEO: Skaatsplankryer jaag by Kloofnek af
VIDEO: Skaatsplankryer jaag by Kloofnek af Die kykertal op ’n omstrede skaatsplankvideo wat teen die steiltes van die Moederstad verfilm is, jaag byna vinniger as die waaghals self.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 06:04:13© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
SAUK hoor 14 j. later sy is dood
SAUK hoor 14 j. later sy is dood Die Pretoriase vrou wat sê sy sukkel al 15 jaar om haar oorlede ma se TV-lisensie te kanselleer, het dit volgens die SAUK eers sewe maande gelede by die uitsaaier aangemeld.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 05:06:51© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Saak teen Namibiër teruggetrek weens te min bewyse
Saak teen Namibiër teruggetrek weens te min bewyse Die saak teen die Namibiër wat daarvan verdink is dat hy glo verlede jaar ’n Suid-Afrikaner in Zambië vermoor het, is voorlopig teruggetrek.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:21© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Boere vra raad om afleggings te vermy
Boere vra raad om afleggings te vermy Vrystaat Landbou (VL) sê talle boere in die Vrystaat het dié organisasie reeds genader vir werkbare opsies en riglyne voordat hulle afleggings oorweeg.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:20© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Hummer-bestuurder skuldig
Hummer-bestuurder skuldig Daar was geen manier hoe die drie motorfietsryers die ongeluk met die Hummer-voertuig kon vermy nie. Dit was geheel en al die Hummer-bestuurder se skuld.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:19© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Leerlinge kan geskors word vir gedrag op sosiale netwerke
Leerlinge kan geskors word vir gedrag op sosiale netwerke Skoliere wat hul skole se name op sosiale netwerke deur die modder sleep, kan permanent geskors word.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:18© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Swak dienste: Mag inwoners ophou betaal?
Swak dienste: Mag inwoners ophou betaal? Mag inwoners met erge griewe oor dienslewering weier om belasting aan munisipaliteite te betaal?
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:15© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Skuld is grootste struikelblok in Suid-Afrika
Skuld is grootste struikelblok in Suid-Afrika Te veel skuld is vir die meeste middelklas-mense in Suid-Afrika die grootste struikelblok in welvaartskepping.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:11© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Hond se ‘eetlus’ laat hom in teater land
Hond se ‘eetlus’ laat hom in teater land Zoey, ’n jaar oue Rottweiler van Pretoria, se eienaars het Google se raad vir wanneer jou hond ’n teelepel insluk – gee hom peroksied, brood en malvalekkers – liefs nie gevolg nie. Hulle het maar eerder die veearts gebel.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:08© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Grondwethof slaan slag vir mediavryheid
Grondwethof slaan slag vir mediavryheid Die regters van die grondwethof het onregstreeks ’n baie groot slag geslaan vir die media se reg om bronne geheim te hou as anonimiteit aan sulke bronne beloof is.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:07© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Onderwys: Vakbonde kap regering
Onderwys: Vakbonde kap regering Vakbonde het die regering gister gekap oor dié se idee om onderwys tot noodsaaklike diens te verklaar en meen dit kom neer op ’n beperking van werkers se fundamentele regte.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 03:45:06© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Vrou (67) sterf twee dae ná brand
Vrou (67) sterf twee dae ná brand Die vrou wat die naweek uit ’n brandende huis in Mitchells Plain ontsnap het, het gister aan haar beserings beswyk.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Moordsaak nou na streekhof
Moordsaak nou na streekhof Die man wat na bewering eerw. Mpho Tutu se huishulp vermoor het, se saak is gister vir verhoor na die streekhof oorgeplaas. Olwethu Matiso (22), ’n inwoner van Dunoon, het gister in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Amcu was aanhitsers by Marikana, sê NUM
Amcu was aanhitsers by Marikana, sê NUM Die vakbond Amcu het ’n optog na Lonmin se Marikana-myn aangehits, het die National Union of Mineworkers (NUM) gesê.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Treffer lei tot groot regstryd
Treffer lei tot groot regstryd Al ooit gewonder waarvandaan kom die liedjie “The Lion Sleeps Tonight” wat Timon and Pumbaa so luidkeels in The Lion King sing? Die storie oor hoe ’n arm Suid-Afrikaanse gesin ’n epiese kopie­regstryd teen die internasionale vermaaklikheidsreus W
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Aanklag teen Toffa nie laat vaar
Aanklag teen Toffa nie laat vaar Die vertoë van ’n beskuldigde in die Bruno Brönn-moordsaak aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) om ’n aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen teen hom te laat vaar, is van die hand gewys.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Oudrugbyspeler agter tralies ná appèl misluk
Oudrugbyspeler agter tralies ná appèl misluk Ben Zimri, die man wat vir die dood van Riaan Loots verantwoordelik is, is ses ’n half jaar ná die voorval agter tralies.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Minderjarige in hof ná aanval
Minderjarige in hof ná aanval ’n Minderjarige seun wat Maandag in verband met die aanval op Jean Lambrechts (19) in hegtenis geneem is, het gister op aanklag van poging tot moord in die Bellville-landdroshof verskyn.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Leerder skiet twee in minibus
Leerder skiet twee in minibus ’n Leerder (14) van ’n skool in Lansdowne het gistermiddag twee medeleerders geskiet terwyl hulle in ’n minibustaxi huis toe gery het. Die skietery het naby die Sekondêre Skool Oaklands plaasgevind waar dié leerders skoolgaan.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:02© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
De Kock nog nie vir parool oorweeg
De Kock nog nie vir parool oorweeg Parool vir Eugene de Kock, voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, moet nog deur S’bu Ndebele, minister van korrektiewe dienste, oorweeg word.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:01© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Weermagunie hof toe oor swanger soldate
Weermagunie hof toe oor swanger soldate Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) het onderneem om vanoggend sy aansoek by die gelykheidshof op Oudtshoorn in te dien om ’n bevel teen ’n bevelvoerder en die weermag te kry.
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:01© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
WEERHAAN: Moenie die Kaapse Dokter skiet nie...
WEERHAAN: Moenie die Kaapse Dokter skiet nie... Die Atlantiese hoogdruk gryp vandag twee koue lugstrome uit die front en jaag saam met hulle wyl hy ’n bietjie konveksie bewimpel. Die lugstrome verhit. Op 5°Wes slaag hy ongelukkig daarin om die boonste lugstroom by 45°Suid teen die klok te laat draa
Woensdag, 6 Februarie 2013, 01:56:01© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Skildery haal byna R12 m.
Skildery haal byna R12 m. ’n Skildery in olieverf op doek wat Irma Stern in 1938 van ’n Maleise meisie gemaak het, is vir R11,7 miljoen verkoop.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 22:11:18© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
730 plaaswerkers in Limpopo afgedank
730 plaaswerkers in Limpopo afgedank Boere word intussen deur die TLU SA aangeraai om hul werkers se lone tot R80 per dag aan te pas tot tyd en wyl kw
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 13:38:24© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Boemelaars teister vrou glo by ligte
Boemelaars teister vrou glo by ligte ’n Groepie drinkebroers wat by ’n kruising in Bloemfontein bedel, is nie net lastig en uitdagend nie, hulle is ook ’n padgevaar, sê Hannelé Lubbe, ’n Bloemfonteinse ma.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 11:07:07© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Burgemeester se Benz omstrede
Burgemeester se Benz omstrede Nóg ’n burgemeesterdebakel kom dalk in dié Noordwesstad noudat die vorige burgemeester se koop van ’n Mercedes-Benz vir R736 000 ondersoek word.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Hengelaar swaar gestraf ná vangs
Hengelaar swaar gestraf ná vangs ’n Hengelaar van George is Vrydag deur die Mosselbaaise landdroshof ’n boete van R120 000 of vyf jaar tronkstraf opgelê nadat hy onwettig ’n witdoodshaai (Carcharodon carcharias) by Mosselbaai gevang het.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:23© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Skoor kyk na Ace se kontrakte
Skoor kyk na Ace se kontrakte Die Vrystaatse direkteur-generaal, Elsabe Rockman, is gister behoorlik deur die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) geroskam oor die miljoene rande wat aan één kommunikasiemaatskappy bestee word.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:22© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Wêreldkankerdag: Mites oor kanker
Wêreldkankerdag: Mites oor kanker Servikale kanker is aan die toeneem onder jong meisies. “Bly dus vir eers weg van seks,” was die raad van dr. Gwen Ramokgopa, adjunkminister van gesondheid.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:20© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Aanvaller glo plaaswerker se seun
Aanvaller glo plaaswerker se seun Die ouers van die skrywer Riana Scheepers wat in ’n plaasaanval op hul plaas by Vryheid aangerand is, is na bewering deur die seun van ’n voormalige plaaswerker verraai.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:19© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Skop sweerlik Graaff se langste
Skop sweerlik Graaff se langste Daardie 90 sekondes aan die einde van die Cheetahs se opwarmingswedstryd Saterdag teen die Stormers was sweerlik die langste in Hansie Graaff se rugbyloopbaan.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:17© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Suster getuig pasiënt was nie deurmekaar
Suster getuig pasiënt was nie deurmekaar Die sterwende kankerpasiënt wat na bewering deur ’n ver­pleër in die Nasionale Hospitaal verkrag is, was ’n spontane mens wat soms ’n grappie gemaak het en altyd gesê het dit gaan goed met haar, het verpleegsuster Elizma Oosthuizen gister in die
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:11© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Griffons-kaptein uit Vodacombeker ná aanranding
Griffons-kaptein uit Vodacombeker ná aanranding Die kaptein van die Griffons-rugbyspan is uit die Vodacom-beker-rugbyreeks nadat hy voor ’n Bloemfonteinse kuierplek aangerand is.
Dinsdag, 5 Februarie 2013, 03:45:09© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.