soeknet.co.za » Nuus Hooftrekke van Suid-Afrika en die Wêreld
Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!
Nuus Hooftrekke


 Vandag se Nuus  Gister se Nuus

Suid-AfrikaAfrika Wêreld Sport Wetenskap & TegnologieVermaak OpinieMy RSSTop Stories
Motor tref man wat van aanvallers vlug
Motor tref man wat van aanvallers vlug 'n Man is vroeg dood in Motetema naby Groblersdal nadat 'n motor hom omgery het toe hy van sy aanvallers gevlug het, sê die polisie.
Saterdag, 31 Maart 2012, 20:27:48© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Anni se familie wil net die waarheid weet
Anni se familie wil net die waarheid weet Die vermoorde Anni Dewani se familie het gesê hulle wil hê Shrien Dewani moet na Suid-Afrika gestuur word sodat die waarheid kan uitkom.
Saterdag, 31 Maart 2012, 20:27:48© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Een dood, agt beseer ná motors bots
Een dood, agt beseer ná motors bots 'n Man is dood en agt mense beseer nadat die motors waarin hulle gery het trompop gebots het, sê die departement van gemeenskapsveiligheid.
Saterdag, 31 Maart 2012, 19:04:32© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Omdraaikans vir Malema lyk skraal, sê ANC
Omdraaikans vir Malema lyk skraal, sê ANC Indien Julius Malema aanhou om ANC-leiers te beledig, sal hy 'n punt bereik waar daar geen omdraaikans is nie, het die ANC gesê.
Saterdag, 31 Maart 2012, 20:25:11© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Pretoria: 7 uit motor geslinger, 2 sterf
Pretoria: 7 uit motor geslinger, 2 sterf Twee mans is dood ná hulle saam met vyf ander passassiers uit 'n motor geslinger is wat in Pretoria omgeslaan het.
Saterdag, 31 Maart 2012, 16:23:27© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Zille: Oos-Kaap benodig tweede vryheidstryd
Zille: Oos-Kaap benodig tweede vryheidstryd Die Oos-Kaap benodig 'n "tweede vryheidstryd" om hom van boetie-kapitalisme en korrupsie te bevry, het Helen Zille, DA-leier, gesê
Saterdag, 31 Maart 2012, 18:32:20© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Laaste rugbyspeler naby riviermond gevind
Laaste rugbyspeler naby riviermond gevind Die lyk van die laaste van die vyf rugbyspelers wat in die see by Blouwaterbaai vermis geraak het, is gevind.
Saterdag, 31 Maart 2012, 18:32:43© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Vrou val in swembad, verdrink
Vrou val in swembad, verdrink 'n Vrou het in 'n swembad by 'n huis in Faerie Glen, Pretoria, verdrink nadat sy in die water geval het, het paramedici gesê.
Saterdag, 31 Maart 2012, 12:48:53© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Miljarde jaarliks weens korrupsie verloor
Miljarde jaarliks weens korrupsie verloor Ongeveer R30 miljard gaan elke jaar in Suid-Afrika verlore as gevolg van bedrog en korrupsie op regeringsvlak.
Saterdag, 31 Maart 2012, 11:51:02© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Kinders oorleef toe ligte vliegtuig hut tref
Kinders oorleef toe ligte vliegtuig hut tref Twee kinders het wonderbaarlik aan die dood ontkom toe 'n ligte vliegtuig in hul plakkershut in Randfontein vasgevlieg het.
Saterdag, 31 Maart 2012, 10:13:11© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Quewin Coetzee pleit toe nie
Quewin Coetzee pleit toe nie Die vermeende moordenaar van ’n swanger vrou van Bloemfontein het van plan verander en nié ’n pleit-en-vonnisooreenkoms met die staat aangegaan nie.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:53:34© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Twee van VS sterf in botsing
Twee van VS sterf in botsing Twee bekende mans van Bothaville is gister in die vroeë oggendure in ’n grusame botsing dood toe hul voertuig in die dorp teen ’n stilstaande vragmotor gebots het.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Brandstof Woensdag duurder
Brandstof Woensdag duurder Dit sal jou van Woensdag af, net voordat die Paasnaweek aanbreek, tussen 66c en 71c meer per liter kos om jou motor se petroltenk vol te maak.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Cheetahs sal moet wag
Cheetahs sal moet wag Die Cheetah-bedryfsreg se drie unies sal nog twee jaar moet wag voordat hulle weer ’n verteenwoordiger vir die Saru se uitvoerende raad kan benoem.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Uitblinker-boere deel hul wenresepte
Uitblinker-boere deel hul wenresepte Die geheim van enige boerdery lê in die passie waarmee jy dit uitvoer. Dít was een van die waardevolle wenke wat die wenners hier gedeel het.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Weermag moet soldaat betaal, beslis hof
Weermag moet soldaat betaal, beslis hof Die regskoste wat die weermag aangegaan het om ’n hofaansoek van ’n huislose soldaat teen te staan, sou genoeg gewees het om 75 maande lank behuising aan dié soldaat te verskaf.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Wys jy gee om; skakel af van 20:30 tot 21:30
Wys jy gee om; skakel af van 20:30 tot 21:30 Miljoene mense in 5200 stede oor die wêreld heen sal vandag die uur wanneer dit tussen 20:30 en 21:30 by hulle is, die krag in hul huise en kantore afskakel.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Motorfiets brand uit toe ryer val op N1
Motorfiets brand uit toe ryer val op N1 ’n Motorfietsryer wat op pad was na die Fox Rally, is gisteroggend ernstig beseer toe hy met sy motorfiets op die N1-hoofweg geval het.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Grensmag verdubbel
Grensmag verdubbel Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die aantal weermaglede wat die Vrystaatse grens tussen Suid-Afrika en Lesotho patrolleer, verdubbel.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:35:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Tier van kleins af kwaai kat
Tier van kleins af kwaai kat Die jong tiermannetjie Corbett, wat mnr. John Varty aangeval het, se aggressiewe houding het reeds op ’n vroeë ouderdom nuus gemaak.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:32:24© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Eerste sooi vir MeerKAT
Eerste sooi vir MeerKAT Die eerste sooie is gespit op die MeerKAT-terrein in die Noord-Kaap, waar 64 skottel-antennas teen 2016 na die Heelal sal “luister”.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:32:25© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Groot rugby in Kimberley
Groot rugby in Kimberley Die GWRU gaan op 13 Junie vir ’n internasionale weekdagwedstryd tussen Engeland en ’n Suid-Afrikaanse Barbarian-span gasheer speel.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:32:24© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
‘Werklose’ Tarzan dalk nie na Amerika
‘Werklose’ Tarzan dalk nie na Amerika DeWet du Toit se hoop om die 100-jarige feesvieringe van die bestaan van dié gesogte karakter in Amerika by te woon hang letterlik aan ’n tou.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:41:18© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Die spoke lóóp in Kby
Die spoke lóóp in Kby Die spoke lóóp in Kimberley. Van ’n bibliotekaris in die ou stadsbiblioteek wat glo steeds elke oggend teetyd hou, tot ’n spookhond.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:32:26© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Geding kom teen myne
Geding kom teen myne ’n Reuse-groepsgeding kom teen goudmyne in Suid-Afrika wat daarvoor verantwoordelik gehou word dat duisende mynwerkers silikose opgedoen het.
Donderdag, 29 Maart 2012, 20:18:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Rampe kos die ekonomie triljoene
Rampe kos die ekonomie triljoene Die wêreldekonomie het verlede jaar skade van sowat $370miljard gely weens natuurrampe, het die Switserse versekeringsreus Swiss Re gesê.
Donderdag, 29 Maart 2012, 20:18:27© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Nóg 15 renosters gestroop
Nóg 15 renosters gestroop Suid-Afrika het die afgelope tien dae 15 renosters weens stropery verloor. Hiervan is 12 in die Krugerwildtuin gestroop.
Donderdag, 29 Maart 2012, 20:18:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Vavi maan oor muilbandwet
Vavi maan oor muilbandwet “Sjoe, kamerade, sjoe. Sjoe. Julle moet regtig mooi dink voordat julle die vryhede waarvoor ons so hard geveg het, met hierdie wetgewing opgee.”
Donderdag, 29 Maart 2012, 20:18:28© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Sage om kop van Hlophe uiteindelik op spits gedryf
Sage om kop van Hlophe uiteindelik op spits gedryf Die jare lange sage van bewerings van ernstige wangedrag teen regter-president John Hlophe van Kaapstad word vandag in die grondwethof op die spits gedryf.
Donderdag, 29 Maart 2012, 20:18:29© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Verkeersman skuldig
Verkeersman skuldig ’n Verkeersman wat R1000 se omkoopgeld vir ’n rybewys ontvang het, is vir vyf jaar tronk toe gestuur nadat hy aan korrupsie skuldig bevind is.
Donderdag, 29 Maart 2012, 20:18:29© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Hlophe ‘bereik einde van pad’
Hlophe ‘bereik einde van pad’ Die einde van regter-president John Hlophe se “pad van vertragingstaktieke” in ’n ondersoek teen hom weens beweerde ernstige wangedrag het gister in die konstitusionele hof aangebreek.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:11© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Vertroueling van Majola bedank uit Krieket SA
Vertroueling van Majola bedank uit Krieket SA Nóg een van die bondgenote van die land se beleërde krieketbaas, mnr. Gerald Majola, het die hasepad gekies. Mnr. Ray Mali, ’n uitvoerende raadslid van Krieket Suid-Afrika (KSA) en ’n jare lange vertroueling van Majola, het gister op ’n vergaderin
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:11© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Groot boete vir Auction Alliance
Groot boete vir Auction Alliance ’n Boete van sowat R30 miljoen of 10% van sy jaarlikse omset – dít is die straf wat die afslaer Auction Alliance (AA) gister deur die Nasionale Verbruikerskommissie opgelê is.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:11© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Rooigety laat nóg Weskus-krewe uitloop
Rooigety laat nóg Weskus-krewe uitloop Nóg Weskus-krewe het vandeesweek op strande aan die Weskus uitgeloop en gestrand weens ’n rooigety in die gebied.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:12© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Psigiater se verslag help Dewani-appèl
Psigiater se verslag help Dewani-appèl Die getuienis van ’n Suid-Afrikaanse neuro-psigiater, prof. Michael Kopelman, is die hoofrede hoekom mnr. Shrien Dewani se appèl teen sy uitlewering na Suid-Afrika gister in die Britse hoë hof geslaag het.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:13© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Basson ‘nie oneties’ met sianiedkapsules
Basson ‘nie oneties’ met sianiedkapsules As lid van die mediese korps het hy en sy makkers die lyke van soldate wat grusaam doodgemartel is nadat vyandige magte hulle in Angola gevange geneem het, gesien.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:12© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Shrien se regte is veilig in SA, sê Britse hof
Shrien se regte is veilig in SA, sê Britse hof Die direktoraat van openbare vervolging (DOV) is verheug oor die bevinding van die Britse hoë hof dat mnr. Shrien Dewani se regte nié in ’n Suid-Afrikaanse tronk geskend sal word nie.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:12© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Tlolane ontken rol in huur van polisiegebou
Tlolane ontken rol in huur van polisiegebou Een van die hoofgetuies in die ondersoek na genl. Bheki Cele, geskorste polisiehoof, het herhaaldelik ontken dat sy met die eiendomsmagnaat mnr. Roux Shabangu vergader het.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:12© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Phosa stil toe Juju Zuma kap
Phosa stil toe Juju Zuma kap Mnr. Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, het gister tjoepstil op die verhoog gesit terwyl mnr. Julius Malema, voormalige ANC-jeugleier, pres. Jacob Zuma en die ANC-leierskorps in die openbaar aangeval het.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:12© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Treinkaartjies is van môre af 13% duurder
Treinkaartjies is van môre af 13% duurder Pendelaars wat maandelikse treinkaartjies koop, gaan van môre net 13% meer betaal om by hul bestemmings te kom, pleks van 27%. Metrorail wou aanvanklik sy maandtariewe met 27% verhoog, maar dié plan is uit verskeie oorde gekritiseer.
Saterdag, 31 Maart 2012, 03:04:13© Die Burger 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Vry maak hy polisie dood’
‘Vry maak hy polisie dood’ As hy vrygelaat word, sal hy die ondersoekspan “uithaal”.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:26© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Selfmoord-pil is nie oneties’
‘Selfmoord-pil is nie oneties’ As lid van die mediese korps het hy en sy makkers die lyke gesien van soldate wat gemartel is nadat vyandige magte hulle in Angola gevange geneem het.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:26© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Oud-skoolhoof kry borgtog ná moord op boer
Oud-skoolhoof kry borgtog ná moord op boer Borgtog van R5 000 is toegestaan aan ’n voormalige skoolhoof en die vermeende baasbrein agter die moord in Januarie op mnr. Dries du Toit.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:26© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Zuma ontken rol in besluit oor Mdluli
Zuma ontken rol in besluit oor Mdluli Pres. Jacob Zuma het gister enige betrokkenheid by die besluit oor die opheffing van lt.genl. Richard Mdluli se skorsing ontken.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:27© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Gebouhuur: Verklarings verskil
Gebouhuur: Verklarings verskil Een van die kerngetuies in die ondersoek na genl. Bheki Cele, geskorste polisiehoof, het herhaaldelik ontken dat sy met die eiendomsmagnaat mnr. Roux Shabangu vergader het.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:27© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Ergste wat hoof van skool kan tref’
‘Ergste wat hoof van skool kan tref’ Die botsing waarin ’n speler van die Hoërskool Eric Louw in Musina se eerste hokkiespan dood en nog drie kritiek beseer is, is “enige skoolhoof se nagmerrie”.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:27© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Holland, red ons name!’
‘Holland, red ons name!’ Die ANC-beheerde metroraad van Tshwane beoog om 27 straatname te verander waarvan sommige vir verskeie groepe van kultuurhistoriese belang is.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:28© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Afslaer met R30 m. beboet oor plaas
Afslaer met R30 m. beboet oor plaas ’n Boete van sowat R30 miljoen of 10% van hul jaarlikse omset. Dit is die straf wat die die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) gister aan die af­slaer Auction Alliance (AA) opgelê het.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:28© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Ray Mali bedank skielik uit KSA
Ray Mali bedank skielik uit KSA Nóg een van die bondgenote van mnr. Gerald Majola, die land se beleërde krieketbaas, het die hasepad gekies.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:28© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Kerkstraat moet bly, vra leraar
Kerkstraat moet bly, vra leraar Die predikant van die Hervormde kerk Pretoria, na wie se eerste kerkgebou hier sowel Kerkplein as Kerkstraat genoem is, het ’n pleidooi gerig vir die behoud van dié straat se naam.
Vrydag, 30 Maart 2012, 20:47:29© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Polisiehoof wil loop oor Mdluli
Polisiehoof wil loop oor Mdluli Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende polisiehoof, wil bedank omdat Nathi Mthethwa hom beveel het om die skorsing van Richard Mdluli terug te trek.
Sondag, 1 April 2012, 05:07:01© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Minister ‘sê k-woord’ oor sitplek op vlug
Minister ‘sê k-woord’ oor sitplek op vlug Minister Lulu Xingwana het medepassasiers op ’n vliegtuig na hul asems laat snak toe sy die kajuitpersoneel begin skel het.
Sondag, 1 April 2012, 05:23:31© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
ANC-leierstryd verdiep
ANC-leierstryd verdiep Pres. Jacob Zuma kan aanbly as ANC-leier in Luthuli-huis, maar hy moet sy kantoor as president in die Uniegebou verlaat.
Sondag, 1 April 2012, 06:08:15© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Nuwe tolheffing kom vir álle motoriste
Nuwe tolheffing kom vir álle motoriste Vuisvoos motoriste sal selfs dieper in hul beursies moet delf wanneer ‘n nuwe “tolheffing” in alle provinsies binnekort in werking gestel word.
Sondag, 1 April 2012, 06:54:01© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Ere-kolonel 'n 'verneuker'
Ere-kolonel 'n 'verneuker' ’n “Ere-kolonel” in die weermag wat beweer hy is ’n Libanese prins, het glo vir sy seuntjie ’n militêre vertoning by sy meenthuiskompleks gereël.
Sondag, 1 April 2012, 07:12:52© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
‘Maties se Tygerberg-kampus moet Engels word’
‘Maties se Tygerberg-kampus moet Engels word’ Die onderrig- en voertaal van die fakulteit gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Stellenbosch (US) moet Engels wees.
Sondag, 1 April 2012, 07:19:26© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man beseer in brand by ouetehuis
Man beseer in brand by ouetehuis ‘n Bejaarde man het brandwonde opgedoen toe sy kamer by ‘n ouetehuis in Turfontein aan die brand geslaan het, het nooddienste gesê.
Sondag, 1 April 2012, 08:13:22© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Cosatu baat glo uit tolpaaie
Cosatu baat glo uit tolpaaie Die Congress of SA Trade Unions (Cosatu) het voordeel getrek uit planne om tolpaaie in Gauteng in te stel, het City Press berig.
Sondag, 1 April 2012, 09:14:25© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Polisieman sterf in Limpopo-ongeluk
Polisieman sterf in Limpopo-ongeluk ‘n Polisie-luitenant is in ‘n ongeluk op die N1 in Botlokwas naby die Wonderkop Natuurreservaat dood, het die polisie in Limpopo gesê.
Sondag, 1 April 2012, 10:22:46© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Waarnemende polisiehoof 'sal aanbly in sy pos'
Waarnemende polisiehoof 'sal aanbly in sy pos' Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi sal aanbly as die waarnemende polisiekommissaris, ten spyte van mediaberigte oor sy bedanking.
Sondag, 1 April 2012, 11:27:11© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man moor uit jaloesie
Man moor uit jaloesie ‘n Ses-en-veertigjarige man van Dutywa het ‘n ander man doodgemaak wat hy vermoed het verlief was op sy meisie, het die polisie gesê.
Sondag, 1 April 2012, 11:27:12© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Vrou sterf ná jaloerse kêrel haar aanrand
Vrou sterf ná jaloerse kêrel haar aanrand ‘n Vrou is in die hospitaal dood nadat sy glo deur haar kêrel in die Madietane- informele nedersetting in Matlala geslaan is.
Sondag, 1 April 2012, 12:31:35© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Pa vas wat kleuter verkrag
Pa vas wat kleuter verkrag ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy sy driejarige dogter in die Marmone- informele nedersetting in Jane Furse verkrag het.
Sondag, 1 April 2012, 12:31:35© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Twee polisiebeamptes sterf in ongeluk
Twee polisiebeamptes sterf in ongeluk Twee polisiebeamptes is dood toe hul motor op die R507 tussen Ottosdal en Sannieshof omgeslaan het, het die polisie in Noordwes gesê.
Sondag, 1 April 2012, 13:59:52© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Konstabel skiet twee, self
Konstabel skiet twee, self ‘n Polisiekonstabel het sy meisie en ‘n ander vrou in Ikopeleng, naby die grens met Botswana, doodgeskiet, het die polisie in Noordwes gesê.
Sondag, 1 April 2012, 14:59:13© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man vas vir brandstigting
Man vas vir brandstigting ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy eks-meisie se huis in die Zitulele-township naby Butterworth aan die brand gesteeek het.
Sondag, 1 April 2012, 15:58:22© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man vas wat glo tienermeisie verkrag
Man vas wat glo tienermeisie verkrag ‘n Ses-en-veertig-jarige man is in Alabama naby Klerksdorp in hegtenis geneem vir verkragting, het die polisie in Noordwes gesê.
Sondag, 1 April 2012, 16:58:28© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Mkhize, Mbete kap Malema
Mkhize, Mbete kap Malema Zweli Mkhize, voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, het ‘n snydende aanval geloods op onregeerbare jeugdiges in die party.
Sondag, 1 April 2012, 19:04:23© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man deur trein doodgery
Man deur trein doodgery ‘n Man het aan sy beserings beswyk nadat hy in Roodepoort deur ‘n trein raakgery is, het paramedici van ER24 gesê.
Sondag, 1 April 2012, 20:02:05© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Hoër begroting vir VS laat wenkbroue lig
Hoër begroting vir VS laat wenkbroue lig Die begroting van altesaam R253,11miljoen vir die Vrystaatse premierskantoor vir die boekjaar 2012-’13 is met gemengde reaksie begroet.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:53© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Leeu bly wilde dier
Leeu bly wilde dier As jy met leeus of wild werk, moet jy onthou hulle bly wild en kan enige tyd aggressief raak, sê Ronnie Odendaal oor die tier-aanval op John Vart.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:53© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Lugdiens vol voormalige Aurora-grootbase
Lugdiens vol voormalige Aurora-grootbase Die sukkelende lugdiens Velvet Sky het minstens vier voormalige direkteurs en adviseurs van die Aurora-groep in sy geledere.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:54© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Man jaag glo teen 226km/h op N1
Man jaag glo teen 226km/h op N1 ’n Man van Oos-Londen is eergister op die N1-hoofweg buite die Rosestad in hegtenis geneem nadat hy na bewering teen 226 km/h gejaag het.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:54© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Malema se wit vriend net ‘bling’
Malema se wit vriend net ‘bling’ Die jong wit man, wat die naweek deur mnr. Julius Malema voorgehou is as sy protégé, is net nog ’n bykomstigheid waarmee Malema sy beeld probeer poets.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:54© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Lyk van laaste speler gevind
Lyk van laaste speler gevind Terwyl familie en vriende afskeid geneem het op die begrafnis van Ma­sixole Myosana (29), is die lyk van die laaste van sy vyf spanmaats wat vermis was, gevind.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:55© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Jagters soek kleurafwykings
Jagters soek kleurafwykings “Ek wil nie springbokke skiet wat lyk of hulle van die maan af kom nie. Ek wil nie sulke ongediertes jag nie.”
Sondag, 1 April 2012, 20:09:55© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Raad wag op brandweerwaens
Raad wag op brandweerwaens Vure rondom die omstrede brandweerkrisis in die Moqhaka-munisipaliteit behoort binnekort geblus te word, het die munisipale bestuurder gesê.
Sondag, 1 April 2012, 20:09:56© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Ysblokkies-man agter tralies
Ysblokkies-man agter tralies Vir die talle mense, insluitende Bloemfonteiners, wat hulpeloos toegekyk hoe hul gelddrome soos ysblokkies in die son wegsmelt, het geregtigheid geskied.
Sondag, 1 April 2012, 20:10:22© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Donker maand wag op voos verbruiker
Donker maand wag op voos verbruiker ’n Donker maand vir verbruikers. Só is hierdie maand deur die vakbondfederasie Cosatu beskryf.
Sondag, 1 April 2012, 20:10:21© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Cheetah-sege sou Christo verbly, sê vrou
Cheetah-sege sou Christo verbly, sê vrou Die familie en vriende van mnr. Christo Rothman van Bothaville, wat in ’n botsing dood is, het sy Cheetah-klere aangetrek en die wedstryd namens hom gekyk.
Sondag, 1 April 2012, 20:10:21© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Waterkrisis op Marquard duur voort
Waterkrisis op Marquard duur voort Ná onlangse klagtes oor waterprobleme op die dorp, was mev. Marti Wenger geskok om te sien hoe rye inwoners op water moet staan en wag.
Sondag, 1 April 2012, 20:10:22© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
Leë erwe nou te koop
Leë erwe nou te koop Die Mangaung-metro gaan die eerste keer sedert 1995 weer op groot skaal leë residensiële en nywerheidserwe verkoop vir ontwikkeling in die stad
Sondag, 1 April 2012, 20:10:22© Volksblad 2009. ALLE REGTE VOORBEHOU.
‘Leuens onvermydelik’
‘Leuens onvermydelik’ Volgens die boukontrakteur is dit byna onmoontlik om die tenderpreneur uit te sny en regstreeks sake te doen met die departement sonder om oneerlik te wees.
Sondag, 1 April 2012, 20:19:10© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Dis erger as dit jou kind is’
‘Dis erger as dit jou kind is’ “’n Mens sien sulke goed op die TV ... maar dit is erger as dit een van jou eie mense is. Haar agterkop was vergruis en haar een enkel gebreek. Sy het verder net snye en skrape gehad.”
Sondag, 1 April 2012, 20:19:10© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Menzi: ‘Dit is kritiek, nie feite’
Menzi: ‘Dit is kritiek, nie feite’ Maar die kersie op die koek, sê Simelane, is dat sy getuienis voor die Ginwala-kommissie niks te doen gehad het met sy aanstelling deur Zuma as vervolgingshoof nie.
Sondag, 1 April 2012, 20:19:09© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘As tieners soen, is dit normaal’
‘As tieners soen, is dit normaal’ Die Teddy Bear-kliniek gaan die hof vra om sekere bepalings van die sekswet, wat instemmende seksaktiwiteite tussen kinders ’n misdaad maak, ongrondwetlik te verklaar.
Sondag, 1 April 2012, 20:19:35© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Huis van genade vir húlle
Huis van genade vir húlle “Dit is mense wat selfmoord oorweeg en hulle verkeer in baie pyn. Popup is vir die meeste van hulle die laaste hoop, ’n huis van genade.''
Sondag, 1 April 2012, 20:19:35© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Lulu misbruik haar posisie, sê DA
Lulu misbruik haar posisie, sê DA Me. Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, “misbruik haar posisie om vroue te kleineer”.
Sondag, 1 April 2012, 20:19:35© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Provinsie glo te sleg om na Mandela om te sien
Provinsie glo te sleg om na Mandela om te sien “Dit is die nasionale regering en weermag se plig om na mnr. Mandela om te sien. Die Wes-Kaap is nie deel van enige spesiale ooreenkoms om mnr. Mandela nie.”
Sondag, 1 April 2012, 20:19:35© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Hop vir siel nodig in SA – Boesak
Hop vir siel nodig in SA – Boesak “Teologiestudente moet voorberei word om in die werklikhede van Suid-Afrika ’n positiewe, sinryke bydrae in hul gemeentes en gemeenskappe te kan lewer.”
Sondag, 1 April 2012, 20:19:35© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
No. 1 beteken baie vir Jakkie Louw
No. 1 beteken baie vir Jakkie Louw ’n Huweliksherdenking op 1 April, ’n nuwe liedjie getiteld “Nommer Een”, ’n dogtertjie ryker en een jaar later.
Sondag, 1 April 2012, 20:19:35© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
‘Rugby is ’n geloof in SA’
‘Rugby is ’n geloof in SA’ “Ek het al baie plekke in die wêreld afgerig. Dis oral dieselfde. In Suid-Afrika is die grootste verskil dat rugby ’n geloof is.”
Sondag, 1 April 2012, 20:19:34© Beeld 2009. ALL REGTE VOORBEHOU.
Meisie (13) sterf in ongeluk
Meisie (13) sterf in ongeluk ‘n Dertienjarige meisie het gesterf nadat ‘n motor omgeslaan het op die Douglas-pad buite Kimberley in die Noord-Kaap, het paramedici gesê.
Sondag, 1 April 2012, 20:54:32© Nuus24 2003. ALLE REGTE VOORBEHOU.
 
 

2014-09-23 02:17:16 © Alle regte voorbehou www.soeknet.co.za Blad bewerk in 2.27308 sekondes vir 54.161.166.171