Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Wetenskap Eksperimente DVD-stel » Wetenskap & Navorsing » Boeke » Soek » soeknet.co.za

Wetenskap Eksperimente DVD-stel Wetenskap Eksperimente DVD-stel  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Wetenskap Eksperimente DVD-stel

R450.00
Foto 1: Wetenskap Eksperimente DVD-stel

 

Wat kry u as u hierdie DVD stel koop?

 'n kort inleiding, ’n oorsig van items wat benodig word, die uitvoering van die eksperiment, met meegaande kommentaar en verduideliking in Afrikaans, en ter afsluiting ’n opsomming van wat geleer is in die betrokke eksperiment.

U kind gaan nie na 3D animasie-beelde kyk nie. Hierdie eksperimente word met volwaardige laboratorium toerusting uitgevoer.

DEEL 1 se eksperimente:

1. Die eenvoudige stroombaan

2. Serie en parallel skakelings

3. Die hitte-effek van Elektriese stroom

4. Die magnetiese-effek van Elektriese Stroom I (kompasse)

5. Die magnetiese-effek van Elektriese Stroom II (staalspyker)

6. Die chemiese-effek van Elektriese Stroom

7. Die ondersoek van die bestaan van deeltjies in elke fase I (vuurhoutjies)

8. Die ondersoek van die bestaan van deeltjies in elke fase II (ketel en lepel – stoom)

9. Die ondersoek van die bestaan van deeltjies in elke fase III (water en suiker)

10. Die ondersoek van leë ruimtes tussen verskillende fase deeltjies I (inspuiting)

11. Die ondersoek van leë ruimtes tussen verskillende fase deeltjies II (inspuiting en water)

12. Die vermenging van gasse en vloeistowwe I (stikstofdioksiedgas)

13. Die vermenging van gasse en vloeistowwe II (kaliumpermanganaat)

14. Diffusie

15. Die kragte tussen vloeistof deeltjies

16. Eienskappe van vastestof deeltjies

17. Die kristalstruktuur van vastestof deeltjies

18. Temperatuurstyging en diffusie in vloeistowwe

19. Verdamping van vloeistowwe

20. Eienskappe van metale en nie-metale

21. Die distillasie proses

22. Verbindings en mengsels

23. Die verhitting van stowwe

24. Opbreking van stowwe deur middel van elektrisiteit

25. Die voorbereiding van suurstof

26. Die toets vir suurstof I (gloeiende houtsplinter)

27. Die toets vir suurstof II (brandende kersie)

28. Reaksies van suurstof

29. Die voorbereiding van waterstof

30. Toets vir suiwer waterstof

31. Voorbereiding van koolstofdioksied

32. Toets vir koolstofdioksied

33. CO2 en verbranding

34. Die digtheid van koolstofdioksied (CO2)

35. Die oplosbaarheid van CO2

 

DEEL 2 se eksperimente:

1. Die vorming van lading deur middel van wrywing I (waterstraaltjie)

2. Die vorming van lading deur middel van wrywing II (2 balonne)

3. Die vorming van lading deur middel van wrywing III (hare, kam)

4. Die vorming van lading deur middel van wrywing IV (Vd Graaff Ontwikkelaar)

5. Oordrag van lading vanaf een voorwerp na 'n ander I (polistireen balletjie)

6. Oordrag van lading vanaf een voorwerp na 'n ander II (goudblad elektroskoop)

7. Meting van stroom, potensiaal verskil en weerstand berekeninge

8. Faktore wat die weerstand van 'n geleier beïnvloed

9. Die reostaat

10. Serie en parallelle skakelings

11. Die uitleg van 'n driepunt prop

12. Die voorbereiding van suurstof

13. Reaksies van suurstof

14. Die verdunning van sure

15. Suur lesings

16. Reaksies tussen sure en metale

17. Reaksies tussen sure en metaaloksiede

18. Reaksies tussen sure en metaal hidroksiede

19. Reaksies tussen sure en karbonate

20. Die reglynige beweging van lig

PRYS: R250 elk of R450 vir albei DVD's, plus R35 posgeld.

BESTEL PER EPOS

Kyk ook gerus na 'n voorbeeld van Een van die eksperimente

 

Adverteer nou GRATIS in Wetenskap & Navorsing

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Wetenskap & Navorsing.

Jy sal eers moet aanteken of registreer voordat jy Studiotwentyone sal kan kontak.
Geadverteer deur: Studiotwentyone
Alle advertensies deur Studiotwentyone.
'n soeknet lid sedert 2011-02-20.
Hartbeespoort - Noord Wes Provinsie
Kaart vir Hartbeespoort,Noord Wes Provinsie,Suid Afrika

GPS: -25.7477324, 27.8871784

7562 besigtigings.
Geadverteer op 2013-11-26 16:06:09.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Bederf daai spesiale een.