Soek Tuisblad » Soek  » Werk - Gesoek » Landbou
Soek of adverteer na enige iets onder die son in Afrikaans! Karre, huise, implemente, produkte, geselskap, liefde, werk en nog vele meer!

Plaas voorman of Bestuurder » Landbou » Werk - Gesoek » Soek » soeknet.co.za

Plaas voorman of Bestuurder Plaas voorman of Bestuurder  
Deel jou advertensie nou op ander sosiale netwerke. 

Plaas voorman of Bestuurder

Foto 1: Plaas voorman of Bestuurder

Goeie Dag

 

 

My naam is Willem Kok en ek is 35 jaar oud, geskei, en het ‘n 11 jarige seun wat by sy moeder in Kimberley woonagtig is.  Die meeste van my familie is in Bloemfontein en Australia woonagtig. 

Ek is op soek na ‘n pos as plaas bestuurder.  Ek is bereid om die regtige pos te aanvaar, enige plek in Suid Afrika.

Ek besit my eie bakkie met die nodige gereedskap.

My gesondheid is uitstekend, ek gebruik geen medikasie nie, rook nie en gebruik ook nie enige alkohol nie.  Ek handhaaf ‘n gesonde lewensstyl en hou myself sterk en fiks.  Ek is hardwerkend, leergierig, lojaal and bereid om enige iets te doen. 

 

Ek besit goeie kennis van, en omvattende ervaring in meganika, sweis, loodgieter, elektries en bouwerk, asook die saaiboerdery, ploeg, plant en oes, insluitende groente boerdery. 

 

Ek besit ‘n redelike kennis en het beperkte ervaring in beeste, skape, perde en vrugte boerdery.


Ek het gedurende skool vakansies en na skool by Meneer Jan Joubert van Jojo Tanks gewerk.  Ek was ook vir amper 3 jaar in Australia as n loodgieter en bou kontrakteur werksaam. 

Ek was die afgelope 10 jaar ‘n entrepreneur en besig met die in- en uitvoer van my patente. 

My passie en droom is om voltyds te boer, om te ploeg, te plant en te stroop.  Sit my op ‘n trekker se saal, en ek is op my gelukkigste.   Ek het ook ‘n klein skaap en beesboerdery gehad op ‘n stukkie gehuurde grond, wat ek geweldig geniet het.   

Ek beskik oor uitstekende interpersoonlike vaardighede en handhaaf baie goeie werksverhoudinge.  Ek het goeie leierseienskappe, kan opdragte aanvaar, maar ook deligeer wanneer ek moet.   Ek presteer die beste onder druk, en wanneer ek spesifieke doelwitte binne ‘n bepaalde tydsbestek moet behaal.  Ek hou van uitdagings en besit uitstekende uithouvermoe.  

Omdat ek verstaan dat plaasboere ‘n teiken vir geweld en uitbuiting is, en daar ‘n risiko verbonde aan is om ‘n vreemdeling in ‘n vertrouensposisie aan te stel, is ek bereid om vir 3 maande op ‘n proeftydperk aangestel te word, sonder ‘n vaste salaris.  Al wat u vir my moet voorsien is ‘n woonplek, en indien u tevrede is met my prestasies, kom ons ooreen oor ‘n vaste salaris na ‘n tydperk van 3 maande.  

Ek hoop werklik u sal my aansoek gunstig oorweeg.  Ek is bereid om te reis om u te ontmoet, al drink ons net ‘n koppie koffie saam.  Indien u van my verwysings wil kontak, voorsien ek graag aan u persone wat van my karakter en werksetiket kan getuig.

 

Vertrou dat my aansoek u gunstige oorweging sal geniet.

 

Vriendelike Groete

 

Willem Kok

Vorige12 van 60Volgende
Adverteer nou GRATIS in Landbou

Kliek hier en Adverteer nou GRATIS in Landbou.

Jy sal eers moet aanteken of registreer voordat jy Willko sal kan kontak.
Geadverteer deur: Willko
Alle advertensies deur Willko.
'n soeknet lid sedert 2019-04-12.
Kroonstad - Vrystaat

385 besigtigings.
Geadverteer op 2019-04-12 19:27:03.
WhatsApp Iemand.
 Soek Advertensie
Bederf jou brak!